Vrywillige mediese manlike besnydenis word op drie Dinsdae elke maand by die TC Newman-daghospitaal gedoen.
Leensie Lotter, ’n woordvoerder vir die daghospitaal, sê die prosedure word gratis gedoen. Volgens die mediese aanlyn blad everydayhealth.com sluit die voordele van manlike besnydenis ’n verminderde risiko vir prostaatkanker, laer risiko om MIV op te doen en ’n laer risiko vir infeksies soos urienkanaal-infeksies in.
’n Kalender vir wanneer besnydenisse in Februarie en Maart by die daghospitaal gedoen sal word, is reeds bevestig:
- Dinsdag 7 Februarie
- Dinsdag 14 Februarie (vanaf 13:30)
- Dinsdag 28 Februarie
- Dinsdag 7 Maart
- Dinsdag 14 Maart (vanaf 13:30) en;
- Dinsdag 28 Maart.
- Voluntary medical male circumcisions are performed on three Tuesdays each month at the TC Newman Day Hospital, starting next Tuesday.



