Een gelukkige leser kan die boek, Kom ons praat oor die huwelik, wen.


Met Valentynsdag wat op Dinsdag 14 Februarie gevier word sien ’n mens net rooi harte en sjokolade oral waar jy kyk.

Baie meen dit is net ’n geldmaakstorie en ander geniet die bietjie verspotheid wat aan die dag gelê word.

Die liefde is egter nie altyd net maanskyn en rose nie, maar die skoenlappers in jou maag kan beslis weer vlieg, dit kos net soms ’n bietjie werk.

Paarl Post het twee boeke om net voor Valentynsdag weg te gee.

In die eerste boek, Kom ons praat oor die huwelik, geskryf deur Heinz en Aletté Winckler, praat hulle reguit oor struikelblokke en versoekings en bespreek onder meer bagasie, intimiteit, ouerskap, skoonouers en finansies aan sonder om doekies om te draai.

Kom ons praat oor die huwelik word uitgegee deur Lux Verbi-uitgewers.

Die tweede boek, Eerste Liefde, is deel van ’n omnibus (3-in-1) en is geskryf deur Janie Oosthuysen en Helen Brain. Lesers kan uitsien na drama, humor en natuurlik liefde en liefdesdriehoeke.

Eerste Liefde word uitgegee deur Human & Rousseau-uitgewers.

SMS of Whatsapp die naam van die boek wat jy graag sal wil wen na 066 484 3728 voor 12:00 op Sondag 12 Februarie.

Die wenners sal Maandag gekontak word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article