In groot afwagting ná ’n omstrede twis tussen De Villiers National Cycling (DVNC) en die Afrikaanse Taalmonument (ATM) het Steve Hofmeyr Saterdag en Sondag voor groot gehore by die Welbedacht-wynlandgoed in Wellington opgetree. Skares mense het in warm temperature van 37 °C in elle lange rye tougestaan om hul gunsteling Bloubul-sanger se optrede te geniet. Hoewel die aanbieder van die aand se verrigtinge kommentaar oor die ATM-twis geopper het, het Steve oudergewoonte sy gehoor vrolik verwelkom en sy optrede voortgesit. “As julle mooi soet is, sal ek Bloubul drie keer sing,” het Steve teenoor ’n juigende gehoor geskerts. Die aanbieder van die konsert het die gehoor vroeër die aand om verskoning gevra oor die ongerief wat veroorsaak is deurdat die optrede van die ATM in die Paarl na Wellington verskuif is. “Ons gaan dus voort met ’n appèl teen die ATM, aangesien dit jare gelede is dat wit kunstenaars by die ATM se amfiteater verteenwoordig is,” het die aanbieder verkondig. Foto: Heleen Rossouw
Steve sing voor groot gehoor
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.