9 Februarie 1973
Tot groot eer Paarl: By die laaste vergadering van die Stadsraad in Desember is die bouplannne vir die Afrikaanse Taalmonument, wat teen ’n koste van R750 000 teen die hange van Paarlberg opgerig sal word, goedgekeur. Daar is reeds ’n begin gemaak met die werk en goeie vordering. Die onderburgemeester, mnr. N.C. Combrink, het gesê dat die monument wat die Paarl en die Afrikaanse taal tot groot eer sal strek waarskynlik binne die volgende jaar voltooi sal wees.
Public library farewell: The closing of the Paarl Public Library has attracted nation-wide attention. This was never expected but nightly newspapers such as The Star in Johannesburg printed long articles on the Paarl Public Library.
Koop 4 pompe: Die munisipaliteit van die Paarl het vier Sulzer-pompe teen ’n koste van R51 162 bestel om die bestaande installasie van die Paarl, wat water voorsien, te vervang. Terselfdertyd sal die pompkapasiteit vergroot word. Elk van twee pompe sal water teen ’n tempo van 50,5 liter per sekonde van Bergrivier by Ysterburg oor ’n afstand van 1,8 kilometer en tot ’n hoogte van byna 200 m tot by die Victoria-dam pomp.
Expensive town to live in: An estate agent told the Paarl Post that his expierence was that Paarl (biggest town of the Boland) was a dear place for houses. People selling their homes aimed at a high price and were not prepared to reduce their prices. In the end they got the price they wanted.
Beste baan in S.A.: Die atletiekbaan van die H.J.S. is na afloop van die uitstekende atletiekbyeenkoms wat die H.J.S. Maandagaand onder spreiligte aangebied het, groot lof toegeswaai deur atletiekkenners.
Road to drive-in cinema: The road leading to the Drive-In Cinema appears to be full of potholes and I wonder if the authorities could not do something about it. Filling up the holes with gravel apparently does not have the desired effect.




