Yulin Benans en Andronecia Alkaster was die wenners van Radio KC se troue-kompetisie. Hulle is op Valentynsdag in die huwelik verbind. Foto: Chantélle Hartebeest


Yulin Benans (40) en Andronecia Alkaster (37) se liefde vir mekaar is die perfekte voorbeeld van geduld soos daar geskryf is in die Bybelboek van Korintiërs.

Die paartjie van die Paarl het na meer as 20 jaar saam uiteindelik op Valentynsdag trou aanmekaar beloof nadat hulle ’n troue-kompetisie van ’n plaaslike radiostasie, Radio KC, “#KCLoveWedding”, gewen het.

Volgens Grant Johnson, die radio-aanbieder van Radio KC se ontbytprogram, was luisteraars gevra om vir die kompetisie in te skryf deur vir hulle ’n Whatsapp-boodskap of stemboodskap te stuur waarin hulle moes vertel hoekom hulle wil trou en waarom hulle as wenners van die kompetisie gekies moet word.

“Ons het baie inskrywings gekry. Ons het gekyk na al die inskrywings en die een wat gewen het was van ’n pa wie sy familie moes verlaat toe sy seun (die bruidegom) ses jaar oud was,” vertel Johnson. Die pa se vertelling van die paartjie se liefdesverhaal het die beoordelaars se harte gewen.

Hulle is amptelik Mnr. en Mev. Benans. Foto: Chant

Volgens Johnson het verskeie borge gehelp om die wen-paartjie se groot dag moontlik te maak.

Hul prys het ingesluit, die onthaal, die seremonie wat deur eerwaarde Danny George waargeneem is, asook ’n voorhuweliks beradingsessie wat ook deur George gedoen is, die trourok, die bruidegom en sy strooijonkers se uitrustings, rokke vir die strooimeisie, die troukoek en blomme.

Die troue het plaasgevind by die Klein Nederburg-gasteplaas waar hulle omring was deur familie en vriende.

Koop Donderdag se Paarl Post om meer te lees oor Yulin en Andronecia se liefdesverhaal en hul groot dag.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article