Die Yutiliti Labori o.19A-krieketspan, Vikings, het Saterdag teen die Hoërskool De Villiers Graaff gespeel. Hulle het ’n moeilike dag met die kolf beleef nadat hulle die loot verloor het en eerste moes kolf. Christiaan Kershoff kon bietjie bestendigheid met die kolf bring en die Vikings teken uiteindelik 86 lopies in hul kolfbeurt aan. Dit was egter Matthys Nieuwoudt wat ’n uitstekende vertoning met die bal gelewer het, wat die Vikings se onoorwonne rekord kon laat voortleef. Hy het ses paaltjies geneem. Die Yutiliti Labori o.19A-krieketspan boul vir De Villiers Graaff almal uit vir ’n skamele 56 lopies. Die Vikings wen met 30 lopies.

Credit: SYSTEM

Vikings bly onoorwonne

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article