Wow – wat ’n wonderlike voorreg is dit nie om ’n internasionale toernooi soos die Vroue-ICC-T20-Wêreldbeker op ons drumpel te hê nie!

Ek was nou al by twee wedstryde, en wat ’n groot eer en plesier was dit nie om daar te wees nie! Bolandpark is werklikwaar wêreldklas met sekerlik van die mooiste uitsigte oor die Bolandse berge ook.

Aan die organiseerders by Bolandpark – baie dankie vir die goeie beplanning met parkering, ens. asook die mooi skoonmaak van die stadion.

Kom ons hoop dat in die toekoms kry ons nog sulke spog sportgeleenthede in ons vallei.


Jan de Waal,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article