Orleansvale Primêr en LK Zeeman Primêr se o.13-krieketspanne het onlangs teen mekaar op New Orleans Sekondêr se krieketveld gespeel. Orleansvale het eerste gekolf en 101 lopies aangeteken in 15 boulbeurte. LK Zeeman teken 65 aan en word almal uitgeboul in die 13de boulbeurt. Orleansvale wen die wedstryd met 37 lopies. Die uitblinkers met die kolf was Kyle Vraagom met 45 lopies (nie uit nie) en Jayden Coller met drie boulbeurte, 12 lopies en drie paaltjies. Agter is Chemecka Williams, Jayden Coller, Kyle Vraagom, Tyrin Smith, Ronaldo Daniels, Monrique Engelbrecht en Beante Afrika. Voor sit Quade Muller, Leo Donkerman, Lee-Shaun Joseph en Mauricio Snyers. Heel agter by die span staan die afrigter, Cheslin May.

Credit: SYSTEM

Orleansvale Primêr se o.13-krieketspan ken sy storie

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article