2 Maart 1973
Bespreking oor waterbeperkings: By die vergadering van die Stadsraad Dinsdag is die waterposisie weer bespreek. Die voorsitter van die Werkekomitee, mnr. A.D. van Wyk, het gesê dat die stadsingenieur baie optimisties is en glo dat dit binnekort sal reën. Hy hoop dit is die geval, want “dit kan nie meer so aangaan nie”.
Frog poisons dog: A valuable dog, a Great Dane, almost died from frog poisoning and is now out of danger, after six days. The dog belongs to Mr. Jannie du Toit, of the farm Kleulenberg, South Agter Paarl. The dog was poisoned after playing with a frog, removed from a near empty dam on the farm.
Derde & vierde Derby: Paarl se 3de en 4de krieketspanne het verlede Saterdag kragte gemeet. Die 3de span het eerste gekolf en het 183 lopies daargestel vir die verlies van slegs 5 paaltjies. Die beste bydraes kom van K. Loubser 43, L. Slabbert 43 n.u.n., Taljaardt en Retief elk 30. W. Heyns trek 2 paaltjies plat vir 58 lopies.
He knew Paarl 50 yrs. ago: There was tremendous overcrowding and the bigger the population became, the more land was seized, Dr. W. Punt, national director of the Simon van der Stel Foundation, said at the annual meeting here of the Upper Berg River Region of the Foundation. Engineers constructed roads and in the process felled trees which could not be given back.
Drakenstein se nuwe saal: As ’n mens in hierdie gebied kom, dan kan jy nie anders as om onder die indruk te kom van ontwikkelings wat lank gelede begin is – ook op onderwysgebied, het die Direkteur van Onderwys, mnr. S. Theron, verlede Vrydagaand hier gesê. Mnr. Theron het die amptelike inwyding van die nuwe skoolsaal in die Laerskool Drakenstein waargeneem. Hy het daarop gewys dat verskeie skole reeds meer as 100 jaar oud is en dat die voorloper van Drakenstein, die “Lady Grey Bridge”-A3-skool, in 1903 gestig is.




