Con Spirito, die kultuurvereniging wat al 21 jaar bestaan, neem vanjaar sy kunswedstryd na die KKNK.

Dié kunswedstryd is sedert 2018 ’n nasionale kompetisie wat in verskeie dele van die land gehou word.

Tydens die KKNK – van 1 tot 3 April – kan leerders van enige skool aan die kunswedstryd deelneem. Midde die pret van die kunstefees kan die jeug kies en keur tussen drama, redenaars, kuns, dans, instrumentaal, sang, lees en kreatiewe skryf en in alle items en enige afdeling in Afrikaans en Engels deelneem.

Groot groepe soos kore, tonele, sanggroepe ensovoorts kan ook deelneem.

Die beste presteerders word dan genooi om weer tydens Con Spirito se nasionale Forte-eindronde in September in Gauteng deel te neem.

Die volgende werksessies word ook aangebied – redenaars, debat, drama en A Capella-sanggroepe.

Enige skool/instansie (oral in die land) mag aan Con Spirito deelneem.

Private inskrywings word ook aanvaar. Geen affiliasiefooie word betaal nie.. Inskrywings word aanlyn by www.conspirito.co.za gedoen.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article