Die Rusoord-ouetehuis in die Paarl het Saterdag 4 Maart sy jaarlikse basaar gehou.
Besoekers het oudergewoonte heerlike pannekoek, koeke, poedings, pasteie, roosterkoek, burgers en beskuit geniet. Daar was ook vars vrugte en groente te koop, sowel as pragtige juweliersware, plante en gebruikte klere en boeke.


