St. Albans Primêr het sy jaarlikse karnaval die naweek (17 en 18 Maart) aangebied. Verskeie plaaslike kunstenaars het die publiek met hul sangtalent vermaak. Die groot trekpleister Vrydagaand was die TikTok-sensasie Temple Boys, met Early B as hoofkunstenaar Saterdagaand in Wellington. Dit is die eerste karnaval ná die pandemie en die 31ste algeheel, en die skool is baie, baie bly om die karnaval weer te kon aanbied. Bo links is Tamrique Fortuin en Lyric-Grace Williams, en regs is Benecia Williams en Early B. Foto’s: Charl Williams

Credit: SYSTEM Credit: SYSTEM

Karnaval-pret terug by St. Albans

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post Medical Guide – 30 April 2026
    Credit: Heleen Smit Credit: Heleen Smit

Gift this article