Voor is van links ds. Jan Hendricks (konsulent en voorsitter van die Ring van Wellington), Margaret Wildeman en ds. Michael Wildeman. Agter is Cornelius van Rooyen (VGK Zions), Rolisha Agenbagh (VGK Van Wyksvlei), Trevor Davids (VGK Zions), Winston Cornelissen (VGK Hugenote) en Ronel Morrison (VGK Bet-El in Groenheuwel en skriba van die Ring). Foto: Karel Cupido

Credit: SYSTEM

Die VGK Hugenote het die afgelope naweek sy nuwe dominee, ds. Michael Wildeman, in die gemeente verwelkom.

Wildeman en sy vrou, Margaret, is Saterdag deur die kerkraad van die VGK Hugenote en brigade ontmoet by die Spesbona-vulstasie in Paarl-Oos en is na die kerk vergesel in Klein Drakenstein-weg.

Voordat Wildeman en sy vrou by VGK Hugenote aangesluit het, was hy die afgelope 20 jaar deel van die VGK-gemeente in Woodstock.

In hierdie gemeente is ek die geleentheid gebied om my roeping uit te leef wat aanleiding gegee het tot my begeerte om predikant te word. Ek was meeste van die tyd ’n kerkraadslid.

“Dit was hier in Woodstock waar my talent ontwikkel en gevorm is.

Wildeman sê wanneer hy dink aan sy nuwe tuisgemeente waar hy sal dien, voel hy verskriklik bevoorreg om deel van VGK Hugenote te wees.

“Die gemeente is ’n gemeente waar ons ’n missionale reis kan onderneem om ’n inklusiewe gemeente te wees wat almal insluit. Ek is so opgewonde, want ek weet hier is verborge skatte wat ontdek moet word en sodoende ons roeping deur middel van liefde, reg en geregtigheid, eenheid te kan uitleef.”

Die 52-jarige sê buiten sy passie en liefde om Godskinders te dien, is hy ook baie lief vir sing, lees en om na musiek te luister.

Wildeman en sy vrou hou ook daarvan om die buitelewe in hul vrye tyd te geniet.

. The URC Huguenot congregation welcomed their new Reverend Michael Wildeman and his wife this past weekend.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article