David Muller (61).Foto: Verskaf

Credit: SYSTEM

“Ons is bly om aan te kondig dat die vermiste man, David Muller, veilig by sy suster se huis in Amstelhof gevind is,” só vertel die voorsitter van Paarl-Oos se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), Raymond Fransman.

Die suksesvolle opsporing van die 61-jarige Muller bring baie verligting ná ’n wye soektog Saterdagoggend deur owerhede in Paarl van stapel gestuur is.

Muller het Woensdagoggend (29 Maart) onder raaiselagtige omstandighede vermis geraak.

Fransman het Saterdag aan Paarl Post vertel dat Muller Woensdag laas deur sy familie by die huis gesien is. Volgens Fransman het Muller ook vir sy vrou gesê dat hy Woensdagoggend na Sonstraal (in Klein Drakenstein) onderweg is.

Die GPF het die familie in hul soektog ondersteun en Muller se foto en besonderhede was Saterdagoggend ook op die Drakenstein-plaaswag (DFW) se WhatsApp-groep gedeel, waar talle hulpbronne ingespan is om te help soek.

Vir die volle storie, koop Donderdag se uitgawe van Paarl Post.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article