’n Jong man van iets in die twintig is Maandag 20 Maart helder oordag koelbloedig in Smartie Town, Paarl-Oos, doodgeskiet.

Kapt. Basil Seekoei, ’n woordvoerder van die Paarl-Oos-polisie, het bevestig speurders verbonde aan dié polisiekantoor ondersoek ’n moordsaak.

“Die voorval het op Maandag 20 Maart omstreeks 14:25 in Rocky Mafikengstraat, Smartie Town, plaasgevind. Die sigbarepolisiërings­beamptes is op die polisieradio oor die voorval in kennis gestel en het die slagoffer op die toneel aangetref. Die omstandighede van die voorval word ondersoek en die motief vir die skietery vorm deel van die ondersoek.”

Seekoei sê die 28-jarige Adrian Francke is in hegtenis geneem in verband met die moord en ander soortgelyke klagtes. Die verdagte het op 23 Maart die eerste keer in die Paarl-landdroshof verskyn. Hy het weer op 4 April in die hof vir borgtoginligting verskyn. In dié verskyning word gekyk na die inligting van die verdagte soos sy adres, misdaadrekord ensovoorts.

Francke verskyn vandag (13 April) weer in die hof vir ’n formele borgtogaansoek. . A young man was shot dead in cold blood in broad daylight on Monday 20 March in Paarl East.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article