Die Paarl-Oos-gemeenskapspoli­siërings­­forum nooi inwoners wat daarvoor kwalifiseer om vir vakante poste by die forum aansoek te doen.

Die verkiesing om die poste van kassier en drie addisionele lede te vul, sou verlede maand plaasgevind het, maar moes twee keer afgestel word – een keer weens beurtkrag en ’n tweede keer omdat die verlangde kworum nie opgedaag het nie.

Die vereistes vir die poste sluit in dat die aansoeker deel moet wees van ’n organisasie wat by die GPF betrokke is, beskikbaar moet wees vir vergaderings en goed saam in ’n span kan werk.

Die nuwe verkiesingsdatum is op 18 April om 19:00 by die Paarl-Oos-polisiekantoor. Die sluitingsdatum vir alle aansoeke is 13 April.

Bel die GPF se sekretaris Shireen Anter by 084 076 4910 vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article