Die NG kerk Wellington-Noord het onlangs ná dekades met herstelwerk aan sy kerktoring begin. “Ná 70 jaar word die vis op die kerktoring weer geolie,” skryf die kerk se gemeentebestuurder, Marius Otto, op hul Facebook-blad. Die kerk se administrateur, Cinta van Deventer, het aan Paarl Post gesê die kerktoring en ander geboue op die perseel is gedurende verlede jaar se erge storms, wat die dorp aan die einde van 2022 getref het, beskadig. “Daardie wolkbreekstorm het taamlike skade aan die panele van die toring en kerksaal aangerig. Die herstelwerk is steeds onderweg en sal na verwagting nog ’n rukkie duur voordat dit voltooi sal wees,” het Van Deventer gesê.Foto: Facebook
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.