Erik Marais, ervare eiendomswaardeerder, se standpunt dat ’n groot persentasie van die 2020 munisipale eiendomswaardasies onbillik en onregverdig was, is onlangs bevestig toe die Drakenstein-munisipaliteit ’n onafhanklike arbiter aangestel het om die waardasies te hersien.

Volgens Marais het die munisipale bestuur aan hom erken dat die landelike eiendomme se waardasies ernstige gebreke toon.

Dit is konserwatief met slegs 9% gemiddeld verhoog in 2020, teenoor residensiële waardasies wat met 20% verhoog is.

Dit is na sy mening inkonsekwent en het daartoe aanleiding gegee dat die munisipaliteit sowat R30 miljoen landelike eiendomsbelasting per jaar verloor en dat residensiële eienaars swaarder belas word om die boeke te laat klop.

Daar is nou ’n voorstel dat die landelike gebied in geheel aan ’n herwaardasie onderwerp moet word.

Die waardasies het bygedra tot ’n onbillike belastingverdeling en hy is van mening dat die raad ’n morele plig het om die gebrek reg te stel.

Marais sê hy moes herhaaldelik die probleme uitwys voordat die munisipaliteit dit begin ondersoek het. Drakenstein het in 2021 ’n verlaging van slegs 2% in eiendomsbelasting toegepas wat ’n effektiewe verhoging van 18% in residensiële eiendomsbelasting veroorsaak het.

In teenstelling daarmee het die buurdorpe Stellenbosch en Worcester hul residensiële belastingkoers met 20,7% en 20,8% verlaag, ná hul algemene waardasies in 2020.

Marais het die Paarl Belastingbetalersvereniging (PBBV) se jaarvergadering onlangs oor die kwessie toegespreek.

Hy het die bestuur van die PBBV gevra om die munisipaliteit te versoek om, ter wille van deursigtigheid, die uitkoms van die verslag met die gewone belastingbetalers te deel en dat die bestuur se verklaarde beleid om ’n oplossing vir die probleem te vind, herbevestig word.

Die belastingbetalersvereniging het die onbillike eiendomsbelastingverhogings van gemiddeld 18% vir residensiële eienaars in 2021 gekritiseer, wat daartoe bygedra het dat ’n 0%-verhoging in die 2022-’23 munisipale begroting daarna toegepas is.

Daar word nou gehoop dat ’n herwaardasie van landelike eiendomme gedoen sal word nadat die ondersoek deur die arbiter afgehandel is.

Bradley Brown, finansiële hoof van Drakenstein-munisipaliteit, het op navrae hieroor reageer en bevestig dat die munisipaliteit ’n onafhanklike arbiter aangestel het. Hy ontken wel sekere van Marais se bevindings.



.
After much critisism about the 2021
property evaluations of the Drakenstein Municipality, which have been described as “unfair and unjust”, the Municipality has appointed an independent arbitrator to review the valuations.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article