Paarl Post het verlede week verneem ongemagtigde mense vra vooraf-betaling vir die Paarl Post-koerant by inwoners.
Die bestuur van Paarl Post wil dit graag duidelik maak dat vooraf-betalings vir die koerant slegs deur die Media24 intekenare-afdeling geskied.
Indien jy graag ’n intekenaar van Paarl Post wil word en die koerant by jou huis afgelewer wil hê, skakel 087 353 1300 of stuur e-pos na intekenare@media24.com.




