Paarl-skole maak vanjaar weer hul stem dik op die rugbyveld, met drie plaaslike skole wat tans onder die top-10-rugbyskole op die land se ranglys is.
Paarl Gimnasium is naas Grey College tweede op die ranglys, die Hoër Jongenskool Paarl is naas Garsfontein vierde en Boland Landbouskool lê algeheel negende.
Paarl Gim het die afgelope naweek op ’n reënerige en winderige dag ’n omvattende oorwinning van 38-21 teen die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) in hul Sportsmans Warehouse Premier Interskole-derby in die Paarl geniet.
Gim het die eerste helfte ten volle oorheers en veral hul losskakel, Kyle Smith, het ’n puik wedstryd gespeel en aan die voorpunt van hul oorwinning gestaan.
Hy was met sy stelskopwerk, asook die seepgladde wyse waarop hy sy agterlyn weggesit het, ’n doring in die besoekers se vlees.
SACS het Boishaai op Brugstraat in die Paarl besoek. SACS kon 15 jaar laas daarin kon slaag om die Hoër Jongenskool Paarl se doppie te klink. Hoewel die Nuwelanders hierdie slag goeie rekenskap van hulself gegee het, was Boishaai nogtans baas met 34-18.
Rondebosch het sy houvas van die afgelope jare op Landbouskool Boland voortgesit deur die besoekers van die Agter-Paarl tuis met 15-8 te klop.
UITSLAE:
- : Freek de Kock (vleuel), Roland Vivier (senter), Dawid Kotze (skrumskakel), Jannie Grobbelaar (haker). Doelskoppe: Kyle Smith (losskakel, 3). Strafdoele: Smith (4). AFRIKAANSE HOëR SEUNSKOOL – Drieë: Ruan Lippoldt (flank, 2), FC van Rooyen (stut). Doelskoppe: Ruben Pienaar (losskakel, 3).
HJS Paarl 34, SACS 18: HJSP – Drieë: HB Odendaal (haker, 3), Jameel de Jongh (vleuel), JC Mars (heelagter). Doelskoppe: Daniël van der Merwe (senter, 3). Strafdoel: Mars. SACS – Drieë: Jack Benade (vleuel), strafdrie. Strafdoele: Rayaan Solomons (losskakel, 2).
- Matthew Malherbe (senter), Ethan Gordon (vleuel). Doelskop: Jordan Neill (losskakel). Strafdoel: Neill. LANDBOUSKOOL – Drie: Juan Swart (senter). Strafdoel: Dewald de Villiers (heelagter).
- Morné Grobler (stut, 2), Xavier Gertse (stut), Latino Mentoor (senter). Doelskop: Wade Green (losskakel). Strafdoel: Green. MILNERTON – Drieë: Ohamani Mangele (vleuel), Seth Kleynhans (heelagter). Doelskop: Morgan Lodewyk (senter).
. Hierdie langnaweek vind die Wildeklawer-skoletoernooi in Kimberley plaas.
28 April: Boishaai vs Glenwood 19:00
29 April: Boland Landbou vs Monnas 09:10
Paarl Gim vs Helpmekaar 17:20
1 Mei: Boland Landbou vs Diamantveld 10:20
Boishaai vs Helpmekaar 11:30
Paarl Gim vs Monnas 15:00




