Die Wellington-polisie se stasiebevelvoerder, kol. Johan Barkhuizen, rig ’n uitnodiging aan almal wat om vuurwapenlisensies aansoek gedoen het om hul uitgereikte lisensies te kom afhaal. “Ons het ’n hele klomp aansoeke wat suksesvol was en ons sukkel om die lisensiehouers in die hande te kry en die lisensies uit te reik,” sê Barkhuizen. Hy vra ook almal wat op terugvoer oor hul aansoekstatus wag, om kennis te neem dat ’n 530-telefoonnommer getiteld “Mannenburg” dié van die Wellington-polisiekantoor is. Enigeen met navrae in dié verband word gevra om die kantoor te besoek of by 021 864 8440 te skakel.Foto: Pexels
Wapenlisensies wag by W’ton-polisie
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.