Die vergadering waar ’n nuwe gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) vir Klapmuts verkies gaan word, is na ’n nuwe datum geskuif.

Sers. Madilyn Dombas, ’n woordvoerder vir die Klapmuts-polisie, het bevestig die nuwe verkiesingsdatum is Donderdag 18 Mei.

Alle poste van die GPF is vakant – van die voorsitter tot die kassier – en moet dringend gevul word.

Die gemeenskap word genooi om die verkiesing by te woon. Dit word om 18:30 in die veeldoelige saal in Klapmuts gehou.

Vir nadere besonderhede, kontak kapt. Jacobus Moos by 082 469 1815 of sers. Madilyn Dombas by 021 875 8020.

. The meeting, where a new community policing forum (CPF) for Klapmuts will be elected, has been postponed to Thursday 18 May.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article