Paarl-Oos-polisielede is Vrydagmiddag na ’n toneel by ’n rivier in New Orleans ontbied waar ’n lyk van ’n onbekende man gevind is.

Credit: SYSTEM Credit: SYSTEM

Die liggaam van ’n onbekende man is Vrydagmiddag (28 April) in ’n rivier in New Orleans, Paarl-Oos ontdek.

Die Paarl-Oos-polisie se stasiebevelvoerder, kol. Wellington Stephans, bevestig dat polisielede na die toneel in die omgewing ontbied is.

Stephans het aan Paarl Post bevestig dat die liggaam van ’n man in sy 40’s met ’n verband om sy lyf deur polisielede ondersoek word.

“Dit blyk asof die man vermoedelik onlangs uit die hospitaal ontslaan is. Hy het ’n swart denimbroek en grys top aan.”

Hy voeg by dat geen vuilspel op hierdie stadium vermoed word nie.

“Dit is moontlik dat die man vermoedelik verdrink het toe hy die rivier wou oorsteek. ’n Geregtelike doodsondersoek is van stapel gestuur.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post Medical Guide – 30 April 2026
    Credit: Heleen Smit Credit: Heleen Smit

Gift this article