Die jaarlikse Wellingtonse krisanteskou vind eerskomende Saterdag 6 Mei in die Wellingtonse stadsaal plaas.
Verlede jaar se wenner, Michael le Cordeur jr., sal uitgedaag word deur verskeie kwekers soos Japie Willemse, Anthony Cavernelis, Marchel Rhode, Clive Matthee, Boebie Small, Jefferey Smit, Aubrey Minnaar en Henry Poole.
In die vroue-afdeling sal weer rangskikkings uitgestal word.
Deure open om 13:00 en toegang kos slegs R20. ’n Brosjure sal ook te koop wees teen R10.
Ná die skou sal die krisante te koop aangebied word.




