Ek is bly Paarl Post het oor die Markstraat-brug berig, maar die ander brug by Ceciliastraat is ook ’n groot probleem.

As ’n gebore Paarliet ontstel die toestand van hierdie gebeure en die dorp se verval my erg en ontneem van die goeie ou dae se nostalgie.

Daarom het ek op 2 en 3 April e-pos-boodskappe aan die stadsbestuurder gestuur en gesê hulle moet nou plan maak met dié Ceciliastraat-brug.

Ek stuur my e-posse aan en mens sal sien dat dit slegs aangestuur word na die hoof van verkeer, en verder gaan die samedromming daar oor naweke net voort. Dit is ’n oogseer vir die belasting-betalers van Val de Vie en al die ander estates.

Ek het verskriklik baie druk op die einste hoof van verkeer geplaas in verband met dié straatrenjaers en ek het selfs die premier van die Wes-Kaap oor die onwettige samespel van wetstoepassers en die polisie ingelig. Een departementshoof het glad my foonnommer op 3 Mei 2020 geblok wat ek nou in my klagte aan die stadsbestuurder genoem het, en ek is steeds geblok.


Anthony Kruger,

PAARL

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article