’n Botsing in die Hugenote-tonnel vroeg Woensdagoggend het vertragings tydens die oggendverkeer veroorsaak. Paarl Post is deur verskeie nooddienste ingelig en die toneel is spoedig opgeruim en slegs een persoon het ligte beserings opgedoen. Kurt Maske van ER24 het bevestig hulle het op noodoproepe reageer. “Die motoris met ligte beserings het verkies om eerder nie na ’n hospitaal vervoer te word nie,” sê Maske. Kapt. Louise du Plessis, ’n woordvoerder van die Paarl-polisie, het voorts gesê nóg die verkeersdienste, nóg die polisie is oor die botsing ingelig. “Aangesien dit nie so ’n ernstige botsing was nie, het die tonnel-beheer self die toneel hanteer. ’n Insleepwa was glo in die nabyheid en kon vinnig op die voorval reageer,” sê Du Plessis. Die insleepvoertuig het die wrak vinnig uit die weg geruim en die vloei van verkeer deur die tonnel is teen 08:45 reeds herstel.Foto: OneWay Towing

Credit: SYSTEM

Tonnel-botsing laat een lig beseer

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article