Talle Suid-Afrikaners skaterlag nadat iemand oënskynlik die naam van Eskom se hoofkantoor, Megawatt Park, aanlyn na “Eskom MegaGravy Train Park” verander het.

Nou, wanneer ’n mens op Google Maps na Megawatt Park soek, het die woorde “Eskom MegaGravy Train Park” tot groot vermaak van die publiek, wat daagliks gebuk gaan onder ’n gebrek aan krag, verskyn. Dit is intussen reggestel.

Die Eskom-hoofkantoor het ook ’n tweester-gradering gekry.

Dit word egter in die kommentare bevraagteken: Hoe kry die sukkelende kragvoorsiener dit reg om twee sterre te verdien? wou een sosialemediagebruiker weet.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article