Die Young Gardens-rugbyklub het Saterdag in ’n opwindende ligawedstryd van die Paarl-streek die wind uit Young Standards se seile gehaal.
Young Gardens het die grootste deel van die wedstryd in die Daljosafat-stadion tweede viool gespeel, maar baie durf en karakter gewys om in die doodsnikke van die stryd met 31-29 te wen.
Gardens beklee nou die eerste plek op die punteleer. Hy het egter twee taai wedstryde oor om sy eersteronde-verpligtinge te voltooi.
Saterdag speel Young Gardens teen die gedugte Riverstones en volgende Saterdag teen die verdedigende kampioen, Rangers.
Albei wedstryde word in die Dal-stadion gespeel.
Tweede span
Young Gardens 17-38 Young Standards
Derde span:
Young Gardens 8-14 Young Standards





