Met verlede week se reënstorms het ’n slaggat in die middel van Paarl Hoofstraat naby Brugstraat gevorm, wat steeds grootskaalse verkeersontwrigting veroorsaak. Die slaggat is veroorsaak deur ’n stroom wat van die wingerd by Grande Roche by Hoofstraat in vloei. Daarmee saam is daar ook gereeld modderstorting van die wingerd tot in Hoofstraat. ’n Woordvoerder van die Drakenstein-munisipaliteit het gesê dat hulle bewus is van hierdie probleem, wat veroorsaak is deur ’n blokkasie in die munisipale stormwaterstelsels wat stroomaf van die eiendom loop. “Ons stormwaterspanne is tans besig om die presiese ligging van die verstopping op te spoor en dit oop te maak. Die slaggat is reeds beveilig en word gemonitor. Volledige herstelwerk sal plaasvind sodra die weersomstandighede verbeter.”Foto: Lesersfoto

Credit: SYSTEM

Modder en water lei tot slaggat in Hoofstraat

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article