Die Drakenstein-plaaswag (DFW) het die afgelope week sonder amptelike finansiering hard gewerk om in die ergste behoeftes in die landelike gebiede van die Paarl te help voorsien. “Dikwels kry die informele nedersettings op die plattelandse plase, weggesteek van die pad, geen aandag van die owerhede nie. Die idee is dat private eiendomme vrygestel is van enige hulp en dat die grondeienaar na sy eie mense moet omsien. Dit kan so wees, maar dikwels het hierdie gemeenskappe gegroei tot klein dorpies en dikwels werk die meeste mense daar nie eens vir die boere nie. Vandaar die drama wat veral nou in menslike ellende afspeel, toe rampspoed in die vorm van honderde millimeters reën en ’n watermag teen die berg afspoel,” verduidelik die DFW-bevelvoerder, Daan van Leeuwen Boomkamp, dié stryd. Die onlangse reënval het tot die vernietiging van baie wonings gelei en nou woon hierdie mense in oop, kwesbare strukture in die reën en koue. Gelukkig is daar netwerke soos dié van die plaaswag wat deurlopend skenkings kon uitdeel, deur onder meer Christ Church Klein Parys en Shekina Lodge verskaf. Skenkings is onverpoosd in die DFW-kantore gesorteer waarna die komberse, kos, warm klere en baie kinderspeelgoed die afgelope week deur hul vrywilligers


Drakenstein-plaaswag sorg vir afgeleë gemeenskappe

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article