Ek was die week werklik keelvol met die verskillende sektore se dienslewering, wat my pal moedeloos laat voel.

Eers het ek minstens ’n halfuur lank gespook om ’n kredietkaart by Absa-bank in die Paarl te kanselleer – iets so eenvoudig! Ná ’n lang wag op die lyn is ek uiteindelik deur ’n vriendelike vrou gehelp, maar toe sny my foon uit aangesien my lugtyd op was! Gelukkig het sy my teruggebel en die kredietkaart is gekanselleer.

Asof dit nie genoeg was nie, het ons sowat 26 uur sonder water in Noorder-Paarl gesit nadat ’n pyp gebars het – en dit ook sonder enige kennisgewing.


Moedeloos,

Noorder-Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article