Jettie Cloete (middel) het haar 100ste verjaarsdag verlede week gevier. Tannie Jettie het ná skool haar indiensopleiding as verpleegsuster by die Groote Schuur-hospitaal ontvang en sewe jaar daar studeer en verskillende kwalifikasies (algemeen, bevalling en psigiatrie) behaal. Sy en haar oorlede man, Horace Cloete, het twee kinders – Hein Cloete (wat in Australië woon) en Aletta Keyser (agter). Die Cloete-egpaar het in 2020 na Groenleegte verhuis, waar sy vandag nog tuis is. Tannie Jettie is ook ’n ouma van vier kleinkinders. Links is sy en Aletta saam met twee van haar kleinseuns, Gideon Keyser (links) en Nicolaas Keyser.


’n Volle eeu oud

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article