Die invloed van die 2022- ACVV- Tree of Hope-projek bly nog groot aangesien dié klomp lappies in snoesige kombersies omgeskep is. Die projek, waartydens die vroue van Wellington ses maande lank gebrei het om die grootste lappies-Kersboom in Afrika staan te maak, het die afgelope week tot ’n uiteindelike slotsom gekom. Die voorsitter van die ACVV-tak, Sorita Stofberg (middel), het verskeie pragtige komberse aan die ACVV-kantoor oorhandig om verligting aan behoeftige kliënte te bied as beskerming teen die koue. Op die foto ontvang die ACVV- maatskaplike werkers Tania Swart (links) en Sanmarie Botha, albei van Wellington, die komberse. Die organisasie is ook trots om aan te kondig dat die Tree of Hope aan die einde van die jaar, Desember 2023, weer in Wellington sal verrys! Ondernemings wat as borge wil bydra, is welkom om die kantoor by 021 873 2204 te kontak.


Groot Kersboom lewer talle ’bersies om koue te verdryf

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article