Pick n Pay het aangekondig dat dié kettingwinkelreus ’n ooreenkoms gesluit het om die bekende plaaslike vleisgroep Tomis vir R340 miljoen te koop, ’n stap wat daarop gemik is om ’n beter gehalte en ’n meer konsekwente rooivleisaanbieding vir Pick n Pay se klante te verseker.

Tomis, tussen Hermon en Gouda geleë, is in 1993 gestig deur Tommy Moolman en is ontwikkel tot ’n reuse- moderne abattoir, ’n vleisverwerkings- en verpakkingsonderneming wat top-gehalte lam- en beesvleis en ander vars vleisprodukte van gehalte aan groot- en kleinhandelaars, insluitend Pick n Pay, verskaf.

Die sleutelbates sluit in ’n 15 000 m²- onderdak-voerkraal, lam- en beesslagplase, en ’n vleisverpak­kingsaanleg geleë op ’n plaas van 140 hektaar.

Tomis het 320 werknemers en het verkope van R720 miljoen aangeteken in sy 2022-boekjaar, het die groep gesê.

Die transaksie is steeds onderhewig aan regulatoriese goedkeurings.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article