Die familie van Bradley Terence Olivier het vanmiddag aangekondig dat hierdie geliefde akteur vandag vreedsaam afsterwe het by Life Flora Hospitaal Johannesburg.

Olivier, wie grootgeword het in die Paarl, is Maandag in die hospitaal opgeneem, vermoedelik na ’n massiewe hartaanval of aneurisme. Hy was sedertdien nooit sy bewussyn herwin nie.

In ’n verklaring het die familie gesê dat alhoewel Bradley se lewe voor sy tyd geëindig het, was die tyd wat hy in hul lewens deurgebring het onvergeetlik en gevul met vreugde.

“Bradley het elke vertrek wat hy binnegekom het verlig met sy glimlag, lag en ongelooflike persoonlikheid.”

Bradley het sy televisiedebuut op Villa Rosa in 2007 gemaak het, waarna hy was by talle produksies, mediums en genres wat film, reekse, telenovellas, sepies, verhoog- en radiowerk insluit. Hy was ’n veelsydige akteur wat moeiteloos uitgeblink het in beide drama en komedie.

Die afgelope paar jaar het hy ’n huishoudelike naam geword met sy vertolking van Danny Jantjies in die gewilde kykNET sepie, Binnelanders.

Die familie het hul dank betuig aan die Life Flora Hospitaal en personeel vir wat hulle beskryf as: “deernisvolle aandag en professionele sorg wat gedurende hierdie tyd aan Bradley, die familie en vriende gewys is, wat van onskatbare waarde was”.

Bradley sal onthou word vir sy nalatenskap en die impak wat hy in diegene wat hom geken het se lewens gelaat het.

“Bradley sal altyd in ons harte wees en die vele ander wat hom liefgehad het,” lui die verklaring.

“Die familie is dankbaar vir al die ondersteuning wat hulle in hierdie moeilike tyd ontvang het.”

“Bradley het soveel lewens aangeraak, woorde kan nie beskryf hoe baie ons hom gaan mis nie.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article