Tans wag mense wat aansoek gedoen het vir hernuwing van hul rybewys­kaart meer as drie maande lank.

Die rede hiervoor is dat die enkele masjien wat landwyd verantwoordelik is vir die druk hiervan maande lank foutief was.

Gerald Esau van die Drakenstein-munisipaliteit het bevestig dat die drukker uiteindelik herstel is en die agterstand landwyd moet nou ingehaal word.

“Drakenstein-munisipaliteit ontvang tans die kaarte van die aansoeke van applikante wat in April aansoek gedoen het.

“Daar word redelike druk ervaar as gevolg van die masjien wat buite werking was, en ons versoek graag dat die publiek geduld aan die dag moet lê. Ons help almal wat aansoek gedoen het so gou as wat ons kan.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article