Paarl-polisie se woordvoerder, kapt. Louise du Plessis, sê ondernemings in die sentrale Paarl-sakekern word steeds geteiken deur verdagtes wat toegang tot persele probeer verkry deur groot klippe / beton na vensters te gooi. Gedurende die naweek van 21 tot 24 Julie is ’n drankwinkel en ’n slaghuis geteiken, verduidelik Du Plessis. “Die verdagtes het daarin geslaag om toegang tot die slaghuis te kry en vleis na raming van sowat R7 000 gesteel. Besighede word versoek om hul sekuriteitstelsels te evalueer om te help met die polisiëring van hierdie voorvalle.”Foto: Unsplash


R7 000 se vleis gesteel

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article