’n Jong man, bekend as Stanley Julies, is die afgelope naweek in Paarl-Oos koelbloedig afgemaai.
Kapt. Anthony Sauls, ’n woordvoerder vir die Paarl-Oos-polisie, het die misdaad en die slagoffer se identiteit bevestig.
Volgens Sauls het die polisie ’n klagte ontvang dat ’n skietery in Hibiscusstraat afspeel.
“Met hul aankoms is hulle meegedeel dat die beseerde reeds na die hospitaal vervoer is. By die hospitaal is hulle [wat die slagoffer vervoer het] ingelig dat die slagoffer oorlede is.”
Dit is nie bekend of die skietvoorval wat tot Julies se dood gelei het, met enige bendegevegte verband hou nie.
Intussen is ’n moorddossier geopen en dit word deur die Paarl-Oos-polisie ondersoek. Sauls vra enigiemand wat inligting oor die voorval het, moet die polisie by 021 877 5908 kontak.




