Dit was byna naelskraap of Hoër Jongenskool Paarl het by vanjaar se Interskole wedstryd Hoërskool Gimnasium van ’n wen beroof het in die doodsnikke van die wedstryd.
Maar Gim se verdediging het tot met die blaas van die eindfluitjie volstaan om Boishaai met 20-17 in ’n spannende interskole-kragmeting te klop.
En vir Gim-afrigter was dit ’n besonderse wen vir sy span, want ná nege jaar as hoofafrigter kon Pieter Rossouw vir die eerste keer daarin slaag om Sean Erasmus uit te oorlê.
Talle sou dink dat die wedstryd reeds gemaklik gewen is teen rustyd toe die Bloedworse reeds ’n gerieflike voorsprong van 13-0 gehad het. En boonop kort na die afskop van die tweede helfte druk Gim weer ’n drie en die bloukant van Faurestraat-stadion is tjoepstil.
Maar met slegs 20 minute se speeltyd oor het Boishaai met ’n reuse-terugvegpoging vorendag gekom. Gimmies het al hul punte reeds aangeteken toe Boishaai se heelagter JC Mars uiteindelik in die 50ste minuut Boishaai se rekening kon open. Mars was self puik op dié dag.
Gimmies se kaptein en losskakel, Kyle Smith, het behoorlik deurgaans beïndruk met sy blink vertoning, so ook hul binnesenter Kobus Blanckenberg Saam was die twee die grootste doring in Boishaai se vlees.
DIE SPANNING LOOP HOOG









TITANIESE STRYD




















DIE GEES LOOP HOOG!












GIM KRAAG KONING!










