Plaaslike klinieke in die Kaapse Wynland bied in Augustus ter ere van Vrouemaand omvattende gesondheidsdienste aan vroue.
Sandra Maritz, ’n woordvoerder vir die Wes-Kaapse departement van gesondheid en welstand in die Kaapse Wynland, sê vroue van alle ouderdomme word aangemoedig om Maandae tot Vrydae van 07:30 tot 16:00 na hul naaste kliniek te gaan vir inligting en dienste sodat hulle ondersteun en hul welstand beskerm kan word. Van die dienste wat beskikbaar sal wees, sluit in papsmere en borsondersoeke.
Maritz voeg by gesondheidsdienste vir vroue sal ook op 7 en 8 September by die Thusong-sentrum in Franschhoek aangebied word.




