Jurian Dreyer en Alicia Esterhuizen, albei gr. 7-leerders aan die Laerskool Courtrai, het onlangs aan die SA Judo Ope-kampioenskap deelgeneem. Jurian het vierde geëindig in die individuele kompetisie en tweede in die spankompetisie. Hy het ’n silwermedalje daarvoor verwerf. Alicia het op haar beurt ’n silwer medalje in die individu­ele afdeling en goud in die spankompetisie gewen.


Twee kry silwermedaljes

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post Medical Guide – 30 April 2026
    Credit: Heleen Smit Credit: Heleen Smit

Gift this article