Motors wat nie by stopstrate stop nie, is maar net die oortjies van die seekoei.

Hier in Paarl ry almal eenvoudig net oor rooi verkeersligte.

Dis juis skokkend om soggens te sien hoe veral taxi’s reg voor jou deur die rooi lig ry – hulle aarsel nie eens nie.

Maar dis nie net taxi’s nie – talle Paarliete in hul blink, duur motors doen dieselfde oral.

Dit wys net – weens geen wetstoepassing in Paarl maak en breek almal, maak nie saak wat hul velkleur of status is nie. Almal doen net wat hulle wil.


Baie bekommerd,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article