Conrad Poole, die Drakenstein-munisipaliteit se uitvoerende burgemeester, en Alan Winde, die Wes-Kaapse premier, Dinsdag (5 September) by die noodkragopwekker by die Paarl-afvalwatersuiwe­ringsaanleg.Foto: Rasaad Adams


Die uitdagings wat die water- en rioolstelsels in die Drakenstein as gevolg van beurtkrag ervaar, behoort gou verby te wees nadat dié stelsels regdeur die munisipaliteit onlangs aan noodkragopwekkers gekoppel is.

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, was Dinsdag (5 September) in die Paarl en het die Paarl-afvalwatersuiwe­ringsaanleg saam met die Drakenstein se uitvoerende burgemeester, Conrad Poole, besoek, waar een van die noodkragopwekkers geïnstalleer is.

Volgens Winde het die Wes-Kaapse regering aan die begin van vanjaar gesien baie munisipaliteite in die provinsie kan nie hul water- en rioolstelsels as gevolg van beurtkrag in stand hou nie.

Hy sê in sommige gevalle – nie spesifiek in die Drakenstein nie – loop riool in die strate as gevolg van hierdie stelsels wat weens beurtkrag nie behoorlik kan werk nie.

Die Wes-Kaapse regering het toe besluit om bykans R90 miljoen opsy te sit en plaaslike munisipaliteite daarmee te ondersteun om noodkragopwekkers te installeer om toe te sien wanneer hoë vlakke van beurtkrag geld, die stelsels aan die gang bly.

“Jy kan ’n bietjie sonder krag klaar- kom, maar jy kan nie sonder water aan- gaan nie, en jy wil ook nie hê riool moet in die straat loop nie. Dit is ook deel van my besoek aan elke plek waarheen ek gaan. Ek gaan kyk hoe die geld bestee is, en dit is een van die kragopwekkers waarvoor ons betaal het,” sê Winde terwyl hy by die Paarl-afvalwatersuiwe­ringsaanleg langs een van die kragopwekkers staan.

Hy voeg by: “Ons het geld opsy gesit – sowat R6 miljoen vir die Drakenstein-munisipaliteit – en die munisipaliteit het amper nog R6 miljoen bygesit. Dit is nou regdeur die hele munisipaliteit waar jy hierdie noodkragopwekkers sal sien. En nou, as ons met vlakses- beurtkrag sit, kan ons dit hanteer.”

Louis Pienaar, die Drakenstein-munisipaliteit se waarnemende uitvoerende direkteur van ingenieursdienste, het in April vanjaar erken die stank wat teruggekeer het en inwoners in Drommedaris, Groenheuwel en omliggende gebiede geteister het, het by die Paarl-afvalwatersuiwe­ringsaanleg ontstaan.

“Die reuk wat in die Drommedaris- en Groenheuwel-gebiede ervaar word, word veroorsaak deur operasionele uitdagings waardeur die munisipaliteit se Paarl-afvalwatersuiwe­ringsaanleg in die gesig gestaar word weens voortdurende hoë vlakke van Eskom-beurtkrag.”

Die stank, wat vroeër vanjaar in die lug gehang het, het telkemale opspraak gemaak toe die vinger na die Drakenstein-krematorium gewys is.

Hoewel verskeie opgraderings by die kremato­rium aangebring is, hou sy bestuur by hul woord dat hulle nie die oorsaak is van die stank nie en dat die rook wat hul afskei, reukloos is.. The challenges experienced by the water and sewage systems in Drakenstein as a result of loadshedding should be a thing of the past after these systems across the municipality were recently connected to emergency generators.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article