Young Standards se tweede span is die 2023-tweedespanligawenners vir die tweede agtereenvolgende jaar. Bo is die span saam met sy trotse afrigter, Winston Matthee, en spanbestuurder, Steven Arendse.


Rugbyliehebbers sê die Paarl se streekliga­kampioen word met die laaste Paarl-streekligawedstryd van die jaar bepaal, en 2023 is geen uitsondering nie.

Young Gardens het Saterdag ietwat verras deur Paarl Rangers met 36-21 te verpletter en daarmee ’n bonuspsunt in te samel om ná 15 ligawedstryde steeds saam met Young Standards die 2023-ligavoorloper te wees. Young Standards het, soos verwag, Simondium van die veld af gespeel, met 57-17 gewen en is danksy ’n beter punteverskil wel bo Young Gardens op die punteleer. Beide spanne is op 62 en ’n punteverskil sal dalk nie meer van toepassing wees nie.

Die scenario is eenvoudig. Young Gardens moet Saterdag vir Riverstones met ’n bonuspunt verslaan en Young Standards moet Laer Paarl Saterdag klop.

Laer Paarl is tans derde en Riverstones vierde en geen rugbyadministrateur, toeskouer of speler kan vir ’n beter einde vir die 2023-ligaseisoen gevra het nie. Watter span ook al die liga wen, sal die titel verdien.

Young Standards se tweede span het met sy 41-8-oorwinning reeds die tweedespanliga vir ’n tweede agtereenvolgende jaar beklink en sal graag sy 2023-seisoen op ’n hoogtepunt wil afsluit.

In die derdespankompetisie kan Riverstones (27) die derdespanliga beklink indien hy Young Gardens (27) kan verslaan.

Riverstones het nog een wedstryd teen Violets se derde span oor en sal alles in die stryd wil werp om sy feesjaar met ’n ligabeker af te sluit.Uitslae:

Young Standards 57-17 Simondium

Young Gardens 36-21 Paarl Rangers

Laer Paarl 24-8 Violets

Riverstones 39-3 Perel UnitedNaweek-bepalings vir 16 September:

Simondium t. Perel United – Simondium

Allandale t. Paarl Rangers – Drakenstein

Riverstones t. Gardens – Dal-D

Lower Paarl t. Standards – Dal-C

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article