Geniet op 25 September ’n aand met die meesleurende en hartroerende klanke van Proclaim International saam met die liefdadigheidsorganisasie MCM Miqlat op die Picardi-gasteplaas. Dit is ’n aand van harmonieë en hoop, uitgevoer deur ’n groep internasi–onaal erkende musici vanuit Belarus. Geen hart sal ná dié aand onaangeraak huis toe ry nie. Alle geld is ten bate van MCM, sodat hulle kan voortgaan om duisende mense se lewe in die Paarl te verryk en dié in nood te help. ’n Heerlike al fresco-ete (buitelug-ete) is ingesluit. Besoek https://www.quicket.co.za en die skakel harmonies-and-hope-with-proclaim-international vir kaartjies en nog inligting.Foto:

Credit: SYSTEM

Ek bring n Internasionale orkes uit Belarus wat 25 Sep ten bate v MCM n konsert op Picardi Gasteplaas aanbied.

Wil jy nie dit vir ons adverteer en as hulle hier is n onderhoud met die orkeslede voer en uitvind hoe hulle lewens deur die oorlog geaffekteer is nie? Ons wil jou graag nooi na ‘n wonderlike aand op 25 September, by Picardie Guest Farm. Dit is wonderlik vir 2 redes: 1) Dit is ‘n fondsinsamelingsgeleentheid vir MCM Miqlat, sodat ons kan voortgaan om duisende mense se lewens in die Paarl te verryk en dié in nood te help; 2) Dit is ‘n aand van Harmonieë en Hoop, aangebied deur ‘n groep internasionaal-erkende musici van Proclaim International. Hierdie groep kom almal uit Belarus. Geen hart sal onaangeraak huis toe ry die aand nie. Daar is ‘n heerlike Al Fresco ete ingesluit by die kaartjie. Kaartjies en meer info: https://www.quicket.co.za/events/230726-harmonies-and-hope-with-proclaim-international/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article