Die Patrick Ross- karate-akademie het Cape Winelands Karate se naam by die onlangse nasionale vroue- en ligatoernooi in Bloemfontein hoog gehou. Bo pronk hulle met hul medaljes. Talle het goud in Kata verower. Almal het die Wes-Kaap by die toernooi verteenwoordig. Ook, vir die eerste keer, het die akademie drie ontwikkeling-skeidsregters gehad wat by die toernooi diens gedoen het – Mishaan Segelaar, Caitlin America en Calista Thomas. Adiel Hammond het diens gedoen as afrigter, Junaid Kahn as bestuurder en Maureza Segelaar en Venezia Adams doen albei diens as tafelbeamptes. Natalie Thomas was ’n beampte by die vroue-afdeling.
Credit: SYSTEM
Karatekas vaar puik in Bloem
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.