Dee-jay Booysen van Dico Auto Electrical in die Paarl het die afgelope Saterdag (21 Oktober) aan die tweede laaste ronde van die Westelike Provinsie se Formula Libre-kampioenskap by die internasionale Killarney-renbaan deelgeneem, waar hy die 2023-titel beklink het. Hoewel die laaste ronde in November plaasvind, sal ander renjaers Booysen nie met punte kan inhaal nie. Sy motor is aangedryf deur ’n blitsvinnige tweeliter-Volkswagen-enjin. Booysen word trots geborg deur Dico The Burner Factory en 24+-7 Race Fuels.Foto:
Dee-Jay en sy vuurwa doen dit weer
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.