’n Wellingtonner wat uit eie ervaring weet wat dit is om teen kanker te veg, help ondersteun nou ander in hul stryd teen die “vieslike” siekte en het die organisasie Cancer Heroes gestig.

Volgens Fabian Adonis, die stigter van Cancer Heroes, probeer die organisasie minstens agt kinders by wie kanker gediagnoseer is, help. Indien hulle meer kindertjies kan help, doen hulle dit.

“Cancer Heroes beplan elke jaar in Desember ’n speelgoed-insameling waar mense in die breë gemeenskap geskenkies kan bring vir die kindertjies wat kanker het en wat tydens Kersfees in die hospitaal is, sowel as vir hul ouers wat langs hul bed sit. Ons doen dit nie om gesien of gehoor te wil wees nie, maar om hulle ekstra spesiaal te laat voel sodat hulle nie alleen is nie.”

Die insameling vind op 2 Desember by St. Albans Primêr in Wellington plaas.

Inwoners kan van 11:00 tot 18:00 ’n draai by die skool maak.

Volgens Adonis kan inwoners nog tot 15 Desember skenkings inhandig as hulle nie die insameling vroeg in Desember kan bywoon nie.

“Indien mense dalk ná die tyd iets wil skenk, kan dit afgelaai word by Klaasenstraat 22 in Wellington, of reëlings kan getref word om die pakkie op te laai. Die sluitingsdatum is 15 Desember sodat ons alles kan uitsorteer en kyk of ons genoeg speelgoed bymekaar gemaak het.

“Ons mikpunt vir 2023 is 1 000 geskenkies, want ons probeer om minstens drie hospitale te besoek,” voeg Adonis by.

. Kontak Fabian Adonis by 066 252 2165 vir meer inligting oor die insameling of om betrokke te raak by Cancer Heroes.

. A Wellingtonian who knows first hand what it is like to fight cancer is now helping to support others in their fight against this difficult disease and has founded a new organisation, the Cancer Heroes.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article