Almal is MAL! Dié woorde spring uit die pen van die skrywer, komediant en sosialemedia-sensasie Mel die Storieverteller. Haar debuut­vertoning in Pretoria het vinnig uitverkoop en die gehoor het behoorlik geskaterlag. Dié vertoning vat blitsig vlam, en nou toer Mel oor Suid-Afrika heen om komiese verligting te saai. Die komiese teks vertel van Mel se ervaring in Londen as ’n konserwatiewe 21-jarige meisie en hoe sy besef het almal in die wêreld is eintlik mal – party steek dit net baie beter weg as ander. Mel deel snaakse staaltjies oor die drie wesens saam wie sy ’n kamer moes deel, hoekom sy matte bo teëls verkies en die vier vlakke van ’n huis tydens ’n partytjie. Sy stel ook haar dronk alter ego, Melissa, aan ons voor. Die stuk bied ook altyd plek vir ’n bietjie interaksie en geselsies met die gehoor. Geen onder 16’s nie! Mel is Saterdag 18 November by die Ou Meul-teater te sien. Deure open om 18:00 en die vertoning begin om 19:00. Kaartjies kos R150 en is beskikbaar by www.meldiestorieverteller.co.za of by die deur. Een Paarl Post-leser kan ’n dubbelkaartjie na die vertoning wen. WhatsApp die antwoord op die volgende vraag met jou naam na 066 484 3728 teen Dinsdag 14 November: In watter stad was Mel ’n konserwatiewe 21-jarige


Kom lag saam met Mel by die Ou Meul

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article