Khula Development Group in die Paarl het Wêreldvoedseldag op 16 Oktober gevier en in samewerking met PepsiCo Paarl en Meals on Wheels meer as ’n duisend leerders by Orleansvale Primêr van iets te ete en drinke voorsien. Die meerderheid leerders van die skool is deel van die voedingskema. Vir sommige is die laaste maaltyd vir die dag dié wat hulle by die skool gekry het. KDG het dus besluit om die kospakkies ná skool uit te deel. Die gebrek aan kos lei ook dikwels tot afwesigheid van leerders.


Wêreldvoedseldag gevier

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article